The Tarentaal Theater close to Rustenburg is a cozy, smaller venue where well-known artist showcase their talents. It brings a culture to the Rustenburg entertainment scene that has everyone talking. If you don't book early, you normally do not get a seat because it is so popular and seats are limited.
Die Tarentaal Teater het weer 'n vol program vir 2012 en bring weer ou bekendes na Rustenburg se voorstoep soos Gisela de Villiers en Robert Brooks met " Hou jou rokkies bymekaar" op 10 Februarie, Andrew Roos en Anton Myburgh op 24 Februarie en dis net die afskop.
10 Maart - Anton Goosen, ons eie liedjieboer
24 Maart - Loslippig komedie met Ian Wessels van RSG-faam
30 Maart - Chris Cameleon, met die goue stem
13 April - Blackie Swart, top kitaarspeler
20 April - Andre Swiegers, 'n ou bekende
27 April - Richard van der Westhuizen, Lochner de Kock & Andrew Roos
4 Mei - Helena Hettema Kabaret
18 Mei - Piet Botha met "Spookpsalms"
26 Mei - Lize Beekma, 'n lewende legende
Valiant Swart en nog heelwat ander optredes en vermaak word vir die res van die jaar beplan.
Tarentaal Teater poog om dinge vars te hou. Die datums en kunstenaars hieronder is bevestig maar ondersteuners kan gerus die pers dop hou vir Valiant Swart en ander kunstenaars wat met die loop van tyd bevestig kan word.
Vir Navrae of Besprekings, kontak:
Chris - 082 417 6873
Anita - 082 782 3019
"Hou jou rokkies bymekaar"
Deur Gisela de Villiers (pianis) & Robert Brooks (tenoor) - Die verwerking volg die tradisionele musiek, maar met 'n nuwe gestalte aan die oorspronklike humor en erns.
10 Februarie 2012
Andrew Roos & Anton Myburgh
Dit belowe om 'n belewenis te wees.
24 Februarie 2012
Anton Goosen, ons eie liedjieboer
Anton is 'n ou bekende onder Afrikaanse musiekaanhangers. Self voor Steve Hofmeyer al die bekende sanger pappa van menigte was, het Anton gunteling lirieke geskryf en mense vermaak met oorspronklike liedjies soos "Boyz van die Subburbs".
10 Maart 2012
Loslippig komedie
Ian Wessels sê: " ........Só moet ‘n man mos shop! ........ Ek het nie getel by hoeveel winkels ons in was nie en aan hoeveel goed ons gevoel het nie, maar woorde uit die Ou Testament het by my opgekom: “En dit was aand, en dit was môre, die tweede dag …....”
24 Maart 2012
Chris Chameleon, met die goue stem
Chris Chameleon - vernuwend, prolifiek en eindeloos kreatief, het bekend geraak in Suid-Afrika, asook oorsee, as ‘n musikale fenomeen.
30 Maart 2012
Blackie Swart, top kitaarspeler
Blackie se treffer "Liewe Lulu" het Afrikaanse musiek en dansvloere oral aan die brand gehad.Blackie is vandag 'n bekoornde liedjieboer, kitaarspeler en kunstenaar.
13 April 2012
Andre Swiegers, 'n ou bekende
Andre het heelwat liedjies geskryf vir bekende kunstenaars soos Riana Nel en die Coleske Broers. Na 8 jaar se afwesigheid uit die musiekbedryf, is Andre terug en ook as kunstenaar wat beslis gehoor moet word.
20 April 2012
Richard, Lochner & Andrew
Dis nou van der Westhuizen, de Kock en Roos - het al saam 'n paar dinge gedoen en gaan weer die gehoor betower met hulle optrede.
27 April 2012
Helena Hettema Kabaret
Sy het al talle toekennings ontvang en al heelwat wyer as Suid-Afrika getoer. Haar naam kon net sowel "Talentvol" gewees het.
4 Mei 2012
Piet Botha met "Spookpsalms"
Piet is waarskynlik vandag baie meer bekend as sy politikus pa, Pik Botha. Piet Botha ruk en rol nou al lank in die Suid-Afrikaanse musiekwêreld. Saam met die groep, Wildebeest het hy van sy eerste langspeler-plate gemaak.
18 Mei 2012
Lize Beekman, lewende legende
Lize Beekman het reeds op 3 jarige ouderdom besluit sy gaan liedjies skryf. Clive Bruce neem haar liedjie, Like an Eagle, op sy album op, toe Lize 12 jaar oud was.
26 Mei 2012
Need to calculate your holiday route and find interesting places on the way? Enter your details below: