←  Hunting

Leeulekker Forum

»

Update on SA Firearm Law

Christo's Photo Christo 30 Mar 2011

Posted Image

So lyk dit my is die koëel deur die kerk mbt Dir Jaco Bothma se posisie by Sentrale Vuurwapenregister! Gerugte wil dit hê dat die SAP begin Maart 2011 self erken het dat die register in ‘n chaotiese toestand is en dat Dir Bothma na bewering gedurende Desember 2010 geskors is op eerstens bewerings van korrupsie, tweedens dat hy die agterstand van meer as ‘n miljoen lisensies veroorsaak het en derdens van voorkeurbehandeling. Om verdere inligting in die verband vanaf die SAP te bekom was, nodeloos om te sê, nie suksesvol nie. Aldus “Pot-Shot” (die SA Jagters en Wildbewaringsvereniging se elektroniese nuusbrief), is die eerste navraag gerig aan die woordvoerder van die Minister van Polisie, Zwli Minisi, wat hul na Genl-Maj Nonkululeko Mbatha verwys het. Hy het hul toe na Luit-Genl Mothiba verwys wat hul op sy beurt weer terugverwys het na Genl-Maj Mbatha. Laagenoemde het hul versoek om die navrae skriftelik aan hom te rig waarna dit beantwoord sou word. Nodeloos om te sê dat daar tot op datum nog geen kommentaar ontvang is nie! Hoe dit ook al sy, kom ons kyk wat lewer die toekoms in die verband op!

Diegene wat in 2006 hul nuwe vuurwapenlisiensies ontvang het en wat alreeds weer moet hernu, moet onthou om ten minste 90 dae voor die “vervaldatum” van jou lisensie weer aansoek om hernuwing te doen! Dit geskied op die vorm SAP 518(a) welke vorm vergesel moet word van ‘n deeglike motivering en die ander tersaaklike aanhangsels! Nuwe aansoeke word op die vorm SAP 271 dokument voltooi, tesame met ‘n motivering asook die relevante aanhangsels. (Die motivering moet sorgvuldig saamgestel word en moet dan ook die spesifieke doel van die betrokke vuurwapen uitstip!) Ongelukkig blyk dit dat al hoe meer aansoeke deesdae afgekeur word vanwëe enige moontlike rede. (Die meeste afkeurings is egter vanwëe “’n Gebrekkige Motivering”)

Sou jou vuurwapenlisensie of bevoegdheidsertifikaat afgekeur word, kan daar in terme van Art 133 van die Vuurwapenwet appèl aangeteken word teen die weiering van jou vuurwapenlisensie of bevoegdheidsertifikaat. Gemelde appèl moet egter ingedien word binne 90 dae nadat jou aansoek afgekeur is! Die dokument (SAP 21) met die redes oor waarom hul jou aansoek afgekeur het word na jou posadres gepos. (Die dokument bevat ook die datumstempel van wanneer jou aansoek afgekeur is). Die gemors is nou dat die SAP soms maar hul tyd vat om gemelde SAP 21 vir jou te pos welke by implikasie beteken dat jy die redes, by wyse van die posstelsel, eers ontvang nadat jou 90 dae periode waarbinne jy moes geappèlleer het reeds verstryk het! Dit skep nou ‘n verdere probleem omrede jy nou “buite tyd is” met jou appèl - iets wat moontlik reggestel kan word met ‘n kondonasie aansoek!

Ek kry gereeld navrae van die publiek oor die “rëels” mbt die dra van ‘n vuurwapen (handwapen) in die openbaar. Art 84 van Wet 60 van 2000 hanteer die aangeleentheid en bepaal soos vol:

“(1) Geen persoon mag ‘n handwapen in ‘n openbare plek dra nie tensy die handwapen gedra word in ‘n pistoolsak of soortgelyke houer ontwerp, vervaardig of aangepas vir die dra van sodanige handwapen en geheg is aan sy of haar persoon; of in ‘n rugsak of soortgelyke houer. Sodanige handwapen moet te alle tye aan jou persoon wees, moet in geheel bedek word en moet jy te alle tye doeltreffende beheer oor die vuurwapen kan uitoefen”.

Vir enige navrae mbt die vuurwapenwet of vir enige bystand by die voltooi van motiverings, opstel van appèlle, ensovoorts kan Carl Arnold, welke ‘n regsgeleerde in onder andere die vuurwapenwet is, gekontak word by 083 230 9823. Sy adres is Maraisstraat 59, Rustenburg.
Quote