Nog ‘n duistere area wat ons as publiek met betrekking tot die vuurwapenwet in die gesig staar is die van die “Hernuwing van bestaande Bevoegdheidsertifikate”. Almal van ons wat reeds bevoegdheidsertifikate het, weet dat daar ‘n vervaldatum op so ‘n bevoegdheidsertifikaat aangedui word – hy verval 5 jaar vanaf datum van uitreiking! Die stand van sake is nou dat sekere plaaslike polisiestasies weier om aansoeke om hernuwing van bestaande bevoegdheidsertifikate wil aanvaar omrede daar ‘n wysigingswet uit is wat bepaal dat bevoegdheidsertifikate nou geldig is vir solank as wat jou “langste vuurwapenlisensie” geldig is, maw as jy oor ‘n lisensie vir ‘n koëelgeweer besit (hy is geldig vir 10 jaar), dan is jou bevoegdheid ook nou geldig vir 10 jaar, ongeag die feit dat “die vervaldatum op hom” reeds bereik is (na 5 jaar)! As jy hom dus nie hernu nie, bly dit die “jongste een in jou besit” en hy het reeds verval. Die slim dienaar van die gereg (polisielid) wat jou in ‘n padblokkade aftrek, is nie noodwendig op hoogte van die jongste verwikkelinge rondom die vuurwapenwet nie en staar hom dus blind teen jou bevoegdheidsertifikaat wat reeds verval het! Siedaar, ‘n moontlike arrestasie vind plaas!
Gedrurende ongeveer Januarie 2011 is daar ‘n polisieskrywe deur Maj Gen Nkomo versend welke die aangeleentheid aanspreek. Ek haal aan uit sy skrywe. (Ek het sy skrywe onder oë gehad deur iemand in Pretoria wat dit ontvang het):
“From 10 January 2011 application for renewal of a competency certificate must be made 90 days before the date of expiry of the competency certificate. In some instances the competency certificates of persons who apply for the renewal of firearms licences after 10 January 2011, the validity period of the competency certificate as indicated on the competency certificate may have expired already. It must be noted that instructions were previously issued that persons who renew their licences issued under the 2000 Act, could apply, in lieu of a mechanism to renew a competency certificate, for a new competency certificate. In respect of applications from 10 January 2011 onwards, the expiry of the competency certificates issued before 10 January 2011, can also not result into prejudice to the applicant, as the Amendment Act aligns the period of validity of the competency certificate to that of the relevant licence. Competency certificates issued after 10 January 2011 must be issued with the same period of validity of the relevant licence applied for. In view thereof that all competency certificates were previously valid only for 5 years, persons who are in possession of licences issued for a period of 10 years need not renew their competency certificates in respect of that category of firearms before 90 days before the expiry of the relevant competency certificate, but 90 days before the expiry of the said licence."
Uit bogemelde blyk dit die bedoeling te wees dat diegene wat reeds oor ‘n bevoegdheidsertifikaat voor 10 Januarie 2011 beskik het, hoef hom slegs te hernu 90 dae voordat sy “langste lisensie” (10 jaar) verval. Dit skep, soos reeds vermeld, ‘n probleem omrede jy nou met ‘n bevoegdheidsertifikaat sit waarop die vervaldatum reeds verstryk het en op grond van bogemelde wysiging maak dit na bewering nie saak nie. Die probleem is dat ‘n polisielid in ‘n padblokkade dalk anders voel oor die hele aangeleentheid omrede hul hoegenaamd nie met die vuurwapenwet werk nie! Al wat hy sien is dat hier ‘n persoon is wat vuurwapens besit en wie se bevoegdheidsertifikaat reeds verval het! Ek is van oordeel dat sulke bevoegdheidsertifikate wel hernu moet word op die SAPS 517(g) waarna sy nuwe kaart vir 10 jaar aan hom/haar uitgereik moet word – dan is daar mos geen probleem nie!
In die verband is daar ‘n skrywe uitgereik deur ‘n belanghebbende vuurwapenorganisasie in die land welke onder andere soos volg lees:
“ Dit het onder ons aandag gekom dat SAPD lede by verskeie stasies van die publiek wat om die hernuwing van hul bevoegdheidsertifikate wou aansoek doen, weggewys het omdat hul beweer bevoegdheidsertifikate is nou vir 10 jaar geldig na ‘n onlangse Wetswysiging. Die polisie beamptes het beweer dat bevoegdheidsertifikate vanaf 10 Januarie 2011 vir 10 jaar geldig is en dat mense dus nie nodig het om na 5 jaar reeds vir die hernuwing van sodanige sertifikaat aansoek te doen nie al dui die vervaldatum op die sertifikaat aan dat dit verval het. Die implikasie is dus dat polisie beamptes weens die inhoud van bogemelde SAP direktief (brief) nou besluit het dat ongeag die vervaldatum wat op ‘n bevoegdheidsertifikaat gedruk is, die betrokke persoon se bestaande bevoegdheid steeds geldig sal wees vir 10 jaar na die aanvanklike uitreiking daarvan en dat die persoon dus nie nodig het om heraansoek vir sy bevoegdheid te doen voor oor 10 jaar van die aanvangsdatum van ‘n betrokke bevoegdheidsertifikaat nie."
‘n Vervaldatum op ‘n wettige dokument (bevoegdheidsertifikaat) is ‘n vervaldatum en dis nie vir die SAP beskore om anders te besluit nie. Dit is ook nie die polisie beampte wat sy/haar vuurwapenlisensies kan verloor as daar iets in hierdie proses sou verkeerd loop nie. Die SAP moet ‘n nuwe bevoegdheidsertifikaat uitreik waarop die vervaldatum na 10 jaar van uitreiking daarvan aangedui word. Sou ‘n SAPD beampte weier om die hernuwingsaansoek te aanvaar, stel ons voor dat u dit so deur die beampte op die voorgeskrewe vorm te laat aanteken en verkry dan ook ‘n Polisiestempel op die vorm.
Nou ja, hier is die twee verskillende interpretasies van die Wysigingswet oor Bevoegdheidsertifikate. Ek stel voor dat u uself nie blootstel aan vervolging deur op ‘n polisiebeampte te skreeu of om uself aan hom/haar op ted ring of af te dwing nie. Ons is hard besig om klarigheid op hoë vlak in die verband te bekom! Hou die Rustenburg Herald dop vir verdere inligting! As die SAPD nie u aansoek om hernuwing van u bevoegdheid wil aanvaar nie, wees maar geduldig; ons sal eersdaags antwworde in die verband beskikbaar hê ! Suid Afrika is immers ‘n wonderlike plek met sisteme wat goed geolie is!
Vir enige navrae mbt die vuurwapenwet of vir enige bystand by die voltooi van motiverings, opstel van appèlle, ensovoorts kan Carl Arnold, welke ‘n regsgeleerde en spesialis in die vuurwapenwet is, gekontak word by 083 230 9823. Sy adres is Maraisstraat 59, Rustenburg.










